> Jakaranda-korps - Huis Hermon ouetehuis braai

Jakaranda-korps - Huis Hermon ouetehuis braai

Die Rapportryers van die Jakaranda-korps in Pretoria, het die afgelope Saterdag 'n uiters suksesvolle en baie gesellige braai aangebied by Huis Hermon ouetehuis in Pretoria-Noord.

Die inwoners het die geleentheid werklik geniet en die braai baie waardeer. Hulle is deur vyftien lede van Jakaranda-korps onthaal en op die hande gedra.

Mens besef nie altyd wat die behoeftes en selfs wense in die ouetehuise is nie, die inwoners smag ook deurentyd na iets anders.
Die personeel het die geleentheid baie waardeer en hul opregte dank uitgespreek teenoor die Rapportryers van die Jakaranda-korps.

RRB Groete

Johan Roos